Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 13 APRIL 2014

Goeie môre, U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

(STIL SLEUTEL)

Dit is met LEEDWESE dat ons moet aankondig dat die sleutel van OK Rinus Hartog, ZR6MKH, op Vrydag 4 April 2014 stil geraak het. Rinus was vir jare lank net 'n luisteraar gewees en ook lid van die Noord-Wes Amateurradioklub in Klerksdorp. Ons innige meegevoel aan die familie en vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

SARL KONVENSIE 'n GROOT SUKSES

'n NUWE RAAD VIR DIE SARL VERKIES

PRESTASIETOEKENNINGS

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

SARL KONVENSIE 'n GROOT SUKSES

Dir SARL se konvensie wat gister gehou is, en waar Magalies Radioamateurklub die gasheer was, was 'n groot sukses met 'n aantal uitstallers, aanbiedings en aktiwiteite vir die dames, was goed bygewoon. Gelukwensings aan MRK vir 'n goeie organiseerder en gasheer.

'n NUWE RAAD VIR DIE SARL VERKIES

Die Raad van die SARL sal in die toekoms uit 10 lede bestaan. In die verkiesing, die eerste in baie jare, is die volgende lede verkies om op die Raad te dien: Rassie Erasmus, ZS1YT, Geoff Levey, ZS6GRL, Fritz Sutherland, ZS6SF, Riaan Greef, ZS4PR, Dennis Green, ZS4BS, Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, Frik Wolff, ZS1FZ, Johann Marais, ZS1JM, Gideon Jannasch, ZS4GJA, en Nico Janse van Rensburg, ZS6QL.

Tydens 'n kort raadsvergadering wat na die AJV gehou is, is Geoff Levey, ZS6GRL, as President, Fritz Sutherland, ZS6SF, en Riaan Greeff, ZS4PR, as tesourier respektiewelik verkies. Die Raad sou later weer vergader om ander raadslede se portfolios toe te ken.

Die AJV het ook die mosie om individuele elektroniese stemming in werking te stel aanvaar. Daar was heelwat bespreking daaroor en amandemendte aangaande die tydsvasstelling is aanvaar.

5 MHz AKTIWITWEITSNAWEEK OP 10 MEI

'n 5 MHz naweeksaktiwiteit sal op 10 en 11 Mei plaasvind. 'n aantal pryse sal gewen kan word deur stasies wat deelneem en kontakte maak op 5 250 kHz en ontvangsrapporte van die KART se baken op 5 250 kHz, wat in WSPR-, GG- en PSK 31-modusse werk, instuur. Volle besonderhede sal volgende naweek gepubliseer word en daarna sal dit ook op die SARL se webwerf beskikbaar wees.

PRESTASIETOEKENNINGS

Tydens die jaarlikse toekenningsdinee gisteraqand, is die volgende toekennings aan verskeie amateurs en amateurradioklubs as volg gemaak:

Toekennings deur die Raad van die SARL.

SARL Eretoekennings.

Lewenslange erelidmaatskap – dit is die SARL se hoogste toekenning en deur die Raad togeken aan:
Colin de Villiers, ZS6COL
Peter Hers, ZS6PHD

Willie Wilson goue wapen.
Vir die amateur wat uitsonderlike en verdienstelike diens aan die Liga verleen het, deur die Raad togeken aan:
Fred Scheepers, ZS1FCS
Laurie Devereaux, ZS5DL

Jack Twine Merietetoekenning.
Ter erkenning van kwaliteite soos onselfsugtigheid, goeie radiobedryfsprosedures en ‘n egte belangstelling in amateurradio. Hierdie besondere toekenning word gegee aan amateurs, volgens die mening van hul mede-amateurs en die Raad, wat oor die kwaliteite besit wat in amateurradio nagestreef behoort te word, toegeken aan:
Jean de Villiers, ZS6ARA
Willem Badenhorst, ZS6WAB

President se toekenning, toegeken aan:
Hans van de Groenendaal, ZS6AKV

Tegniese Toekennings.

Icom Uitnemendsheidsheidstoekenning.
Die SARL se vernaamste toekenning het gegaan aan die Kempton Park Amateurradio Tegniese Vereniging.

SARL HF-kompetisietoekennings.
Die volgende wisseltrofees word tans jaarliks deur die kompetisiekomitee toegeken aan die wenners in die onderskeie kategorieë van die SARL se jaarlikse HF-kompetisies.

Stil Sleutel Herdenkingstrofee ESB.
Aan die amateur met die hoogste puntetelling in die HF-foonkompetisie en dit is:
Jan Botha, ZS4JAN.

Stil Sleutel Herdenkingstrofee GG.
Aan die amateur met die hoogste puntetelling in die HF GG-kompetisie en dit is:
Bernie van der Walt, ZS4TX.

Joseph White Trofee.
Aan die amateur met die hoogste puntetelling in een enkele band in die HF-foonkompetisie en dit is:
Jan Botha, ZS4JAN.

ZS4BS Digitale Trofee.
Aan die amateur met die hoogste puntetelling in een enkele band in die HF Digitale kompetisie en dit is:
Bernie van der Walt, ZS4TX.

Fred Mills Trofee.
Aan die amateur wat die hoogste puntetelling in die HF-foon- of GG-kompetisie behaal het en nog nooit tevore 'n prys in 'n HF-kompetisie behaal het nie en dit is aan:
Lukas Holtzhausen, ZS6LH.

Anontrofee.
Aan die amateur met die hoogste puntetelling in een enkele band in die HF GG-kompetisie en dit is:
Bernie van der Walt, ZS4TX

HOS-trog.
Aan die amateur met die hoogste gesamentlike puntetelling in die HF GG-kompetisie en dit is:
Bernie van der Walt, ZS4TX.

Klubdeelnametoekenning.
Aan die klub wat die hoogste deelname bereik het aan in beide die HF- en GG-kompetisies aan:
Die Bloemfontein Amateurradioklub.

SARL Digitale Trofee.
Aan die amateur met die hoogste puntetelling in die HF Digitale kompetisie en dit is:
Bernie van der Walt, ZS4TX.

Bedryfstoekennings.

Arthur Hemsley 2 meter Trofee
Aan ‘n radioamateur vir sy/haar individuele uitsendings op die 2 meter-frekwensie. Dié toekenning geld vir buitengewone prestasie op AMA- of ander modusse, soos troposferiese voortplanting. Die geld nie vir die langste afstand bereik nie, maar vir volgehoue deursettingsvermoë om iets besonders op 2 meter te bereik aan.
“Pine” Jan Pienaar, ZS6OB.

Bert Buckley 6 meter Trofee.
Aan enige amateur vir hy/sy individuele prestasies met uitsendings in die 6 meterband. Dit gaan nie oor die langste afstand bereik nie, maar hoogstaande werk of aktiwiteit op 6 meter, aan:
Braam Devenier, ZS6AYE.

Radio ZS 2 m Wisseltrofee.
Aan die amateur wat die langste afstand gedurende die jaar op 2 m bereik het aan:
Nasri Gasant, ZS1NAZ en Dick Coates, ZS6BUN.

Op Sondag 3 Februarie 2013 SAT het hierdie twee stasies kontak op 144,2 MHz, ESB bewerkstellig. Dick het 'n 9 element Yagi en ZS1NAZ het 'n 12 element Yagi met 'n reghoekige aangedrewe element gebruik. Die distansie was net onder 1 300 km seine was sterk genoeg om gemaklik verstaan te word.

Radio ZS Toekennings.

Gary Immelman Erfenis Wisseltrofee.
Toegeken vir die beste artikel oor 'n gebeurtenis van historiese belang wat 5 jaar of vroeër plaasgevind het of 'n interessante persoonlikheid wat 'n belangrike rol gespeel het in die vroeë ontwikkeling van amateurradio, aan:
Brian Austin, G0GSF (ex ZS6BKW).

J J Pienaar Trofee.
Vir die outeur van die beste artikel die afgelope jaar in Radio ZS aan:
Ian Roberts, ZS6BTE,
vir sy artikel “Trans Equatorial Propagation in South Africa”.

Radio ZS Skild.
Deur die redakteur van Radio ZS toegeken aan 'n SARL-geaffilieerde klub of lid wat Radio ZS gedurende die jaar die beste ondersteub het, aan:
Eddie Leighton, ZS6BNE.

Hamnetskild.
Hierdie skild beloon 'n individu of groep vir uitstekende diens in 'n spesifieke aspek van die gemeenskap, die owerheid en Hamnet in die besonder. Kriretia sluit in samewerking met rampverligtingsorganisasies en entoesiastiese voorsiening van noodkommunikasie. Die skild word toegeken deur die Nasionale Direkteur van Hamnet, normaalweg gebaseer op nominasies deur die provinsiale direkteurs aan:
Francois Botha, ZS6BUU.

RAE Toekennings.
Arland Ussher Goue Pen Toekenning.
Vir die meeste punte behaal in die twee RAE’s aan:
R I Coppin, ZS6TAR, van Boksburg, wat 100% in die Klas A eksamen behaal het en aan:
L G Schnetler, ZU6LG, van Kempton Park, wat 90% in die Klas B eksamen behaal het.

Baie geluk aan almal van julle, julle het hierdie toekennings verdien.

LIDMAATSKAPAANSOEK

Aansoek om lidmaatskap van die SARL is ontvang van Nico Potgieter ZSL1098.

Enige besware teen die aanvaarding van die lidmaatskapaansoek moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Lidmaatskaptal van die SARL is tans 1 716

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Sonvlek AR2032 huisves genoeg energie vir M-klas fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 90.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Daar behoort ook 'n paar 6 m openinge vroeg aand te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

15 April – Integnet oor SKA om 19:30.
19 April - Laaste dag vir die instuur van logstate vir die RaDAR Kompetisie.
24 Mei - SA AMSAT se RUIMTESIMPOSIUM.

Die 2014 SARL Dagboek van Gebeure sal in die komende week op www.sarl.org.za. beskikbaar wees vir aflaai. Kry 'n afskrif en hou dit handig in jou radiokamer.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga saamgestel en geredigeer deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX

======================= Boodskap Eindig =======================

Om u e-pos-inskrywing in hierdie poslys te verwyder of te redigeer gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003